Video-oproepe en -vergaderings vir almal.
Google Vergader is een diens vir veilige videovergaderings en -oproepe van hoë gehalte wat vir almal beskikbaar is, op enige toestel.
Vergader veilig
Vergader gebruik dieselfde beskerming as wat Google gebruik om jou inligting te bewaar en jou privaatheid te beveilig. Vergader-videokonferensies word onderweg geënkripteer en ons reeks veiligheidsmaatstawwe word voortdurend opgedateer vir ekstra beskerming.
Vergader vanaf enige plek
Kry die hele span saam in Google Vergader, waar jy besigheidsvoorstelle kan voorlê, saam aan chemietake kan werk, of net van aangesig tot aangesig kan opvang.
Besighede, skole en ander organisasies kan binne hul domein vergaderings regstreeks na 100 000 kykers stroom.
Vergader op enige toestel, enige plek
Gaste kan vanaf hul rekenaar aansluit met enige moderne webblaaier – geen sagteware om te installeer nie. Hulle kan op mobiele toestelle vanaf die Google Vergader-app aansluit. Gaste kan selfs by vergaderings en oproepe aansluit vanaf Google Nest Hub Max.
Vergader duidelik
Google Vergader pas by jou netwerkspoed aan, wat hoëgehalte-video-oproepe verseker waar ook al jy is. Nuwe AI-verbeterings hou jou oproepe duidelik selfs wanneer jou omgewing nie is nie.
Vergader met almal
Met intydse onderskrifte aangedryf deur Google se spraakherkenningstegnologie maak Google Vergader vergaderings meer toeganklik. Vir nie-moedertaalsprekers, gehoorgestremde deelnemers of bloot raserige koffiewinkels, maak intydse onderskrifte dit vir almal maklik om by te bly (slegs in Engels beskikbaar).
Bly gekoppel
Eenvoudige skedulering, maklike opname en aanpasbare uitlegte help mense om betrokke en gekoppel te bly.
Deel jou skerm
Bied dokumente, skyfies en sigblaaie aan deur jou hele skerm of net 'n venster te vertoon.
Bied groot vergaderings aan
Nooi tot 500 interne of eksterne deelnemers vir 'n vergadering.
Sluit aan vanaf jou foon
Gebruik die Google Vergader-program om by 'n video-oproep aan te sluit of sluit aan met slegs oudio deur die inbelnommer in die vergaderinguitnodiging te skakel.
Neem beheer
Vergaderings is by verstek veilig. Eienaars kan beheer wie by die vergadering kan aansluit – slegs diegene wat deur die vergaderingeienaar goedgekeur is kan ingaan.
Saai interne geleenthede uit
Stroom geleenthede regstreeks, soos vergaderings vir die hele organisasie of vir die verkoopafdeling, vir tot 100 000 kykers binne jou domein.
Voorste maatskappye vertrou Google Vergader
Topvrae
Wat is die verskil tussen Google Hangouts, Hangouts Vergader en Google Vergader?
In April 2020 het Hangouts Vergader en Hangouts Chat na Google Vergader en Google Chat verander. Ons het in 2019 aangekondig dat ons alle gebruikers van klassieke Hangouts gaan migreer na die nuwe Vergader- en Chat-produkte. Om aanlyn videokonferensies op ondernemingsvlak vir almal aan te bied, het ons in Mei 2020 ’n kostelose weergawe van Google Vergader aangekondig.
Is Google Vergader veilig?
Ja. Vergader maak gebruik van Google Cloud se infrastruktuur, wat spesifiek ontwerp is om veilig te wees, om te help om jou data te beskerm en jou privaatheid te beveilig. Jy kan hier meer te wete kom oor ons privaatheidsverbintenisse, maatstawwe teen misbruik, en databeskerming.
Kan eksterne deelnemers by ’n oproep aansluit?
Beslis. Vir die kostelose weergawe van Google Vergader sal alle deelnemers by ’n Google-rekening aangemeld moet wees om aan te sluit. Jy kan ’n Google-rekening met ’n werk- of persoonlike e-posadres skep.
Google Workspace-kliënte kan sodra hulle ’n vergadering geskep het, enigiemand nooi om aan te sluit al het hulle nie ’n Google-rekening nie. Deel net die skakel of vergadering-ID met alle vergaderingdeelnemers.
Wat kos Google Vergader?
Enigiemand met ’n Google-rekening kan kosteloos ’n videovergadering skep, tot 100 deelnemers nooi, en vir tot 60 minute per vergadering vergader.
Vir bykomende kenmerke soos internasionale inbelnommers, vergaderingopnames, regstreekse stroming en administratiewe kontroles, sien pakkette en pryse.
Verval Google Vergader-skakels?
Elke vergadering kry 'n unieke vergaderingkode met 'n vervaltyd wat gegrond is op vanaf watter Workspace-produk die vergadering geskep is. Kom hier meer te wete.
Voldoen Google Vergader aan vereistes vir my bedryf?
Ons produkte, insluitend Google Vergader, ondergaan gereeld onafhanklike verifikasie van hul sekuriteit, privaatheid en nakomingskontroles, en bekom so sertifiserings, bevestiging van voldoening, of ouditverslae in ooreenstemming met standaarde van reg oor die wêreld. Ons globale lys van sertifiserings en bevestigings kan hier gevind word.
My organisasie gebruik Google Workspace. Hoekom sien ek nie Google Vergader in Kalender nie?
IT-administrateurs beheer Google Workspace-instellings, soos of Google Vergader die verstek videokonferensie-oplossing in Google Kalender is. Besoek die Google Workspace-adminhulpsentrum om uit te vind hoe om Google Vergader in jou organisasie te aktiveer.